Oscar Pistorius

Oscar Pistorius
Oscar Pistorius in 2011
Oscar Pistorius in 2011
Volle naam Oscar Leonard Carl Pistorius
Geboortedatum 22 November 1986 (1986-11-22)
Geboorteplek Sandton, Johannesburg
Beroep Beroepsnaelloper

Oscar Leonard Carl Pistorius (gebore 22 November 1986 in Sandton, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse gewese paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar. Albei sy bene is op die ouderdom van 11 maande onder die knieë geamputeer. Hy word later bekend as die "vinnigste man sonder bene" deur met spesiaal ontwerpte lemme te hardloop.

Pistorius het 'n ouer broer, Carl (gebore 17 Februarie 1985) en 'n jonger suster, Aimée (gebore 28 Februarie 1989). Sy pa is Henke Pistorius (gebore 15 Maart 1953). Sy ma, Sheila (gebore 9 Mei 1960) is op 6 Maart 2002 oorlede.

Pistorius het meegeding in die T44-afdeling (enkele amputasie onder die knie), ten spyte daarvan dat hy eintlik in die T43-kategorie (dubbele amputasie onder die knie) tuishoort. In 2007 neem hy aan sy eerste internasionale kompetisie vir niegestremde atlete deel. Aanvanklik was sy deelname omstrede ná bewerings dat sy lemme hom 'n onregverdige voordeel gee.

Aanvanklik word Pistorius deur die Internasionale Atletiek Federasie verbied om aan die Olimpiese Somerspele 2008 deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[1] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.

Op 19 Julie 2011 oortref hy sy beste tyd in die 400 m in Italië en word die eerste paralimpiese atleet om vir die 2012-wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, en die Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.[2] Pistorius het tydens die openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2012 die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[3]

  1. Talle maars in sage oor Oscar se ‘bene’, Volksblad, 31 Januarie 2008[dooie skakel]
  2. Pistorius se Olimpiese droom word waar[dooie skakel], Nuus24, 20 Julie 2011.
  3. Independent Newspapers Online (21 Augustus 2012). "Oscar to be flag bearer at Paralympics – IOL Sport" (in Engels). IOL.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 5 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search